Search Results for: mieliebrood - Food Lovers Recipes (2024)

Search Results for: mieliebrood - Food Lovers Recipes (1)

MIELIEBROOD MET 3 BESTANDDELE

1 blik kondensmelk
500 g bruismeel
1 blik sweet corn

Meng als saam bak in oond 140 g vir 40 min of toets pen skoon uitkom. Geniet
Resep en foto- Jolandi Greyling

Dina Meyer – Ek het die broodjie vanaand gemaak, maar het een eier ingesit omdat al die meel nie wou inmeng nie, mense dis ‘n wenner saam dik margarine. Dankie vir die resep

Nerine Crause Viljoen – Gaan dit verseker probeer! Ek hou van die 2 blikke en 1 pakkie idee!

Marika Swanepoel – Ideal milk werk ook goed

Santie Carelse – Die maklikste lekkerste broodjie. Ek maak dit graag as ons gaan braai by mense.



Search Results for: mieliebrood - Food Lovers Recipes (3)

1 k koekmeel
1/2k bruinsuiker
1 eier
1 t bakpoeier
1 blik room mielies

Meng als en bak in oond 150C tot bruin. ongeveer 40 min of tot toetspen skoon uitkom

Foto en Geplaas deur: Jolandi Greyling



Search Results for: mieliebrood - Food Lovers Recipes (5)

KAAS EN MIELIEBROOD
Hierdie brood maak jy in ‘n japtrap en jy kan dit voorsit saam met braaivleis of met ontbyt.
Lewer 1 brood
500 g bruismeel
5 ml (1 teelepel) sout
3 ml (ruim ½ teelepel) bakpoeier
1 blik (410 g) heelpitmielies, gedreineer
30 ml (2 eetlepel) vars pietersielie, gekap
200 ml cheddarkaas, gerasper
500 ml (2 koppies) karringmelk

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n broodpan van 26 x 13 cm.
Sif die meel, sout en bakpoeier saam. Voeg die mielies, pietersielie, helfte van die kaas en die karringmelk by en roer liggies met ’n vurk.
Skep in die voorbereide pan, sprinkel die orige kaas bo-op en bak 1 uur of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die brood kom.
Foto: Elsa du Plessis SE RESEP

Kaas en mielie brood
500 g bruismeel
5 ml sout
3 ml bakpoeier
1 blik pit mielies, gedreineer
2 koppies karringmelk
200 g kaas, gerasper
Sif meel sout en bakpoeier saam. Voeg mielies, en helfte van kaas by. Voeg karringmelk by en meng liggies. Gooi mengsel in gesmeerde brood pan en gooi ander helfte kaas bo oor. Bak vir 1 uur op 180ºC.
2de foto:Rachelle Reyneke het die 2 keer aangemaak en nie die resep verdubbel nie. Haar broodjies was vreeslik lekker.



Search Results for: mieliebrood - Food Lovers Recipes (9)
HEERLIKE MIELIEBROOD
3 koppies bevore pitmielies
1 blik suiker mielies
4 ekstra groot eiers
50 ml olie
100 ml suiker
1/2 koppie melk
1 koppie semolina
100 ml koekmeel
1/2 teelepel sout
1eetlepel bakpoeier

So maak mens
2 x 23 x 14cm panne.
“Spray & Cook”
Maak gepitte ontdooide mielies fyn in voedsel verwerker . Dit moet nog effens grof wees.
Meng geroomde mielies by.
Klits eiers, olie, melk, saam en klits dan die mengsel by die mielie mengsel.
Meng die semolina, koekmeel, sout,
Bakpoeier saam en roer by die mielie mengsel.
Verdeel tussen die 2 panna
Bak 180 grade C vir 50 – 55 min
Foto: Christina en LP Louw



Search Results for: mieliebrood - Food Lovers Recipes (11)

BIELIE MIELIEBROOD-net 3 bestandele
600g bruismeel
2 blikkies kondensmelk
2 blikkies geroomde mielies

Voorverhit oond teen 205 °C.
Meng die bestanddele saam.
Spuit of smeer ‘n groot boerbrood broodpan.
Sit beslag in pan.
Bak vir 60 – 90 minute (hang af van tipe oond) tot toetspen skoon uitkom.

Nota: as jy ‘n klein broodpannetjie het, gebruik 400 g bruismeel en een blikkie elk van die ander bestanddele; bak dan 45-60 minute.
Eie resep – Hanta Henning

Leanne Thurston Coetzer
Het die kleiner weergawe van die brood gemaak
Maklikste resep ooit en baie lekker.
500 g Bruismeel,
1 blik kondensmelk,
1 blik creamed sweetcorn.
Meng alles en sit in broodpan. Bak op 180ºC vir 45 minute.

Lekker variasie
Dolores Potgieter
Ek mash 2-3 piesangs baie fyn en meng goed met kondensmelk, dan meng ek die mengsel met ongeveer 500 g bruismeel, laat staan vir 1/2 uur en bak teen 180ºC tot gaar, ongeveer 30 min.
Nooit ‘n flop nie. Hoe sagte die piesangs hoe beter die smaak. pas perfek in ‘n mini brood pan.



Search Results for: mieliebrood - Food Lovers Recipes (14)
ADENDORFF MIELIEBROOD

Regte egte tradisionele Adendorff mieliebrood in ‘n koffieblik soos ons oupas en oumas dit gemaak het.
Ses koppies gemaalde mielies (Gebruik groenmielies wat se pitte al so bietjie hard is.)
250 g botter
1 koppie suiker
3 eiers
1½ teelepel bakpoeier
1 teelepel sout

Sny die boonste rand van ‘n koffie blik af met ‘n blikoopmaker. Smeer die koffieblik met botter. Smelt die botter en meng al die bestanddele saam. Gooi al die bestanddele in die koffieblik tot so driekwart vol. Maak met foelie toe en bind foelie met tou vas. Maak ‘n klein gaatjie met ‘n mes in die foelie vir stoom om uit te kom. Sit die koffieblik in ‘n pot met water. Die blik moet so halfpad in die water staan.
Kook /stoom stadig vir 2½ uur. Gooi uit, sny en smeer met botter.
Baie lekker op sy eie of bedien saam met gebraaide lewer of gebraaide boerewors en ertjies. Die gemaalde mielies kan in sakkies gegooi word en gevries word dan kan jy lekker mieliebrood in die winter ook geniet.

Dirk Adendorff – Daar kom geen meel in die mieliebrood. Dit is die oorspronklike mieliebrood wat sy oorsprong in Noord-Natal het en al van geslag tot geslag oorgedra is. As jy eers die moeite gedoen het om dit te maak proe al die ander maar 2de klas. Die water moet net-net kook, ek sit my stoofplaat so op no. 4.

BRON- Dirk Adendorff



Search Results for: mieliebrood - Food Lovers Recipes (15)

500G BRUISMEEL
5ML SOUT
1 BLIKKIE SUIKERMIELIES
300ML MELK

MENG ALLES SAAM GOOI IN GESMEERDE BROODPAN EN BAK VIR 1UUR OP 180 GRADE OF TOT TOETSPEN SKOON UITKOM. SMEER SO KLEIN BIETJIE BOTTER BO OOR AS JY WIL.

BRON- Marlene Minderon



Search Results for: mieliebrood - Food Lovers Recipes (17)Search Results for: mieliebrood - Food Lovers Recipes (18)

KITS MIELIEBROODJIE
1 pak Bruismeel (500 g)
5 ml sout (1 teelepel)
1 blik geroomde suikermielies (410g)
2 eiers
60 ml melk (1/4 koppie)
25 ml kookolie (2 eetlepels)

Stel oond op 190°C
Smeer ‘n kleinerige broodpannetjie
Sif Bruismeel en sout saam
Voeg die suikermielies by
Klits eiers, melk en kookolie saam en voeg dit ook by
Sny mielies en vloeistof met ‘n mes in tot goed gemeng
Skep deeg in pan, maak bo-op gelyk en bak sowat 45 min of tot deurgebak
Gesny en met botter gesmeer is die broodjie baie lekker saam met braaivleis

(Bak jou broodjies in klein blombakkies, gee dan vir elke gas sy/haar eie broodjie)
Resep en foto:Marlene Mouton Carstens



MIELIEBROODJIES IN BLIKKIES GEBAK
Ek koop vars suikermielies en sny pitte af. Het altyd gevries in vrieskas – dis net my man en ek. ‘n Pak suikermielies is te veel daarom vries ek liewer wat oorbly. Idee van tunablikkies het ook ontstaan omdat ‘n hele brood te veel is vir ons.

(Resep hoeveelheid is vir 2 broodjies)
3 eetlepels mieliepitte
3 eetlepels mieliemeel
3 eetlepels koekmeel
1 teelepel gis
2 eetlepels gerasperde kaas
¼ teelepel sout
bietjie rooipeper

Meng met 50 ml louwarm water en knie paar minute. Laat 30 – 60 min in mikrogolf oond rus tot dubbel in volume. Knie effens en plaas in gesmeerde tunablikkies. Laat rys en bak ongeveer 7 min oond 180ºC.

Resep en foto: Annetjie van Huyssteen



Search Results for: mieliebrood - Food Lovers Recipes (20)Search Results for: mieliebrood - Food Lovers Recipes (21)
MIELIEBROOD (MIKROGOLF OF OOND)

60 g botter, gesmelt
60 ml witsuiker – meng saam
2 eiers
250 ml (1 kop) melk
250 ml (1 kop) mieliemeel}
250 ml (1 kop) koekmeel} sif saam
15 ml bakpoeier
3 ml sout
½ blikkie (225 ml) geroomde suikermielies – voeg by

Meng alles saam. Skep in gesmeerde mikrogolf-ringpan. Plaas op omgekeerde piering en mikrogolf 7 minute op HOOG (100% krag)
(Kan ook in gewone oond gebak word vir ±1 uur by 180°C.)

Resep: Johanna Elizabeth Bradbury
Foto: Brunhilda Venter

Search Results for: mieliebrood - Food Lovers Recipes (2024)

References

Top Articles
Latest Posts
Article information

Author: Kieth Sipes

Last Updated:

Views: 5448

Rating: 4.7 / 5 (47 voted)

Reviews: 86% of readers found this page helpful

Author information

Name: Kieth Sipes

Birthday: 2001-04-14

Address: Suite 492 62479 Champlin Loop, South Catrice, MS 57271

Phone: +9663362133320

Job: District Sales Analyst

Hobby: Digital arts, Dance, Ghost hunting, Worldbuilding, Kayaking, Table tennis, 3D printing

Introduction: My name is Kieth Sipes, I am a zany, rich, courageous, powerful, faithful, jolly, excited person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.